Kunene

Kunene
Hoofstad: Opuwo
Grootste stad: Opuwo
Webwerf: www.arc.org.na
Ligging van Kunene in Namibië

Kunene is een van die 14 streke van Namibië en tuis aan die Himba-volk. In vergelyking met die res van Namibië is dit relatief onderontwikkeld. Dit is dalk weens die bergagtige geografie wat ontoeganklik is en droogte wat landbou belemmer.

Die Kunenerivier

Die streek se naam is van die Kunenerivier afgelei. Kunene se hoofstad en grootste stad is Opuwo. Kunene grens in die noorde aan die twee Angolese provinsies Namibe en Cunene, in die ooste aan Omoesati, Osjana, Osjikoto en Otjozondjoepa, in die suide aan Erongo en in die weste aan die Atlantiese Oseaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy