KykNET

kykNET
Gestig Oktober 1999
Gesluit Aktief
Netwerk DStv
Eienaar M-Net
Beeldformaat 16:9 (576i, SDTV)
1080i (HDTV)
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Uitsaaiarea Suider-Afrika
Hoofkantoor Randburg
Susterkanale kykNET NOU!;
kykNET&Kie;
kykNET Lekker;
fliekNET;
MK.
Webtuiste https://www.dstv.com/kyknet/af-za/channel/kyknet
DSTV kanaal 144

kykNET is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat deel is van M-Net. Dit word op MultiChoice se DStv-satelliettelevisiediens uitgesaai. Die kanaal is in Oktober 1999 geloods. Die eerste uitsending was op 15 November en die eerste program was Emma Koe Lê Ma. Op 16 Julie 2014 het DStv aangekondig dat kykNET in hoë-definisie uitgesaai sal word van 12 Augustus 2014 af.[1]

Karen Meiring is vroeg in 2009 as kykNET se kanaalhoof aangestel. kykNET het op 1 Oktober 2012 na kanaal 144 op DStv geskuif.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dstv-kyknet-hd

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy