Laerbestuur

Laerbestuur, ook bekend as eerstelynbestuur of toesighoudende bestuur, is die laagste vlak van bestuur in 'n onderneming, en doen verantwoording aan die middelbestuur. Laerbestuur bestaan hoofsaaklik uit die voormanne en werkspanleiers van 'n onderneming. Hulle word aangestel op grond van hul vermoë om werkers te lei en om opdragte te gehoorsaam en toe te sien dat hulle gehoorsaam word. Laerbestuur is die skakel tussen die topbestuur en die werkers van die onderneming.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy