Lawa

’n Lawafontein in Hawaii.

Lawa verwys na beide die gesmelte rots wat deur vulkane uitgespuug word tydens ’n uitbarsting en die rots wat ontstaan nadat die lawa afgekoel en verhard het. Die gesmelte rots word binne planete, ook die aarde, en sommige mane aangetref. Die hittebron wat die rots binne die aarde laat smelt, word geotermiese energie genoem.

Wanneer lawa uit ’n vulkaan gespuug word, is dit ’n vloeistof teen temperature van 700 tot 1 200 ºC. Dit is tot 100 000 keer so vloeitraag as water, maar kan oor groot gebiede vloei voor dit afkoel en stol vanweë die tiksotropiese eienskappe daarvan (’n afname in vloeitraagheid vanweë skuifspanning).[1][2]

’n Lawavloei is ’n bewegende stroom lawa wat tydens ’n nie-ontploffende uitbarsting gevorm word. Wanneer dit afkoel en ophou beweeg, word dit hard en vorm stollingsgesteentes. Die term "lawa" word gewoonlik ook vir "lawavloei" gebruik.

Ontploffende vulkaanuitbarstings skep ’n mengsel van as en ander fragmente en word "tefra" genoem eerder as lawavloei.

  1. H. Pinkerton, N. Bagdassarov. "ScienceDirect – Journal of Volcanology and Geothermal Research : Transient phenomena in vesicular lava flows based on laboratory experiments with analogue materials". www.sciencedirect.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2009. Besoek op 19 Junie 2008.
  2. "Rheological properties of basaltic lavas at sub-liquidus temperatures: laboratory and field measurements on lavas from Mount Etna". cat.inist.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2015. Besoek op 19 Junie 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy