Leda (mitologie)

Leda en die Swaan, 16de-eeuse kopie van die verlore skildery deur Michelangelo.

Leda (Grieks: Λήδα) was in die Griekse mitologie ’n Aitoliese prinses wat die koningin van Sparta geword het. Haar mite was die oorsprong van ’n gewilde motief, "Leda en die Swaan", in die Renaissancistiese en latere kuns. Leda was die dogter van die Aitoliese koning Testios, en daarom word sy ook Testias genoem.[1] Verskeie vroue word as haar ma genoem.

Sy het met koning Tindareos van Sparta getrou en die ma geword van Helena van Troje, Klitemnestra, Kastor en Polluks. Sy het ook drie ander dogters by Tindareos gehad: Timandra, Foibe en Filonoë.

  1. Apollod. 3.10.5; Paus. 3.13.8; Eur. IA 49

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy