Lewermos

Lewermosse
Fossil range: Bo-Devoons tot onlangs
"Hepaticae" uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904
"Hepaticae" uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904
Wetenskaplike klassifikasie
Ryk:Plantae
Afdeling:Marchantiophyta
Stotler & Stotl.-Crand., 1977 emend. 2000
Klasse and Ordes
HaplomitriopsidaJungermanniopsidaStotler & Stotl.-Crand., 1977MarchantiopsidaStotler & Stotl.-Crand., 1977

Die Marchantiophyta is 'n divisie van briofiete plante wat algemeen bekend staan as Hepaticae of lewermosse. Soos ander briofiete het hulle 'n gametofiet-dominante lewensiklus waarin selle van die plant 'n enkele stel genetiese inligting oordra.

Na raming is daar sowat 6 000 tot 8 000 lewermossoorte. Sommige van die meer bekende soorte groei as afgeplatte blaarlose tallusse, maar meeste soorte is blaarryk met 'n vorm wat baie aan 'n afgeplatte mos herinner. Blaarryke soorte kan betroubaar van oënskynlik soortgelyke mosse onderskei word deur hulle enkelsellige risoïedes. Ander verskille geld nie universeel vir alle mosse en lewermosse nie, maar die voorkoms van blare wat in drie range gerangskik is, die teenwoordigheid van diep lobbe of gesegmenteerde blare, of enige gebrek aan 'n duidelik gedifferensieerde stam en blare dui almal daarop dat die plant 'n lewermos is.

Die lewermosse (klas Hepaticae) vorm saam met die egte of blaarmosse (klas Musci) die afdeling Bryophyta (mosse). Die meeste lewermosse het 'n beperkte verspreiding, en hulle kom normaalweg in vogtige omgewings voor omdat hulle vir voortplanting van water afhanklik is. Lewermosse (klas Hepaticae) is klein, eenvoudig geboude mosplantjies. Daar word tussen tallusvormige en blaarvormige lewermosse onderskei.

Die tallusvormige plante is opgebou uit weefsel wat nie gedifferensieer is in stingel, wortels en blare nie, maar wat as ʼn veel lobbige tallus op die substraat lê. Die blaarvormige lewermosse het 'n duidelike stingel met blaaragtige aanhangsels. Laasgenoemde is ovaalvormig, is meestal net een sellaag dik en sonder die middelnerf soos wat dit by die blaarmosse aangetref word. Dit is daarom nie egte blare nie, en tegnies gesproke is die plantvorm ook 'n tallus.

Die "blaartjies" ontwikkel uit 'n enkele sel wat voortdurend in dieselfde rigting deel. Die wortelagtige aanhangsels (risoïede) wat die plante aan die substraat vasheg, is eensellig. Om uitdroging te voorkom, word slym veral aan die groeipunte afgeskei. Dikwels word daar in sekere selle olieliggame, met ander woorde konsentrasies eteriese olie, aangetref.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy