Liber Pontificalis

’’Liber Pontificalis’’
’’Die boek van die pouse’’
St. Jeronimus in sy studeerkamer.
St. Jeronimus in sy studeerkamer.
Titel Liber Pontificalis
Alternatiewe Titels Liber episcopalis in quo continentur acta beatorum pontificum Urbis Romae; Gesta pontificum; Chronica pontificum
Skrywers verskeie, meestal anoniem, maar Martin van Opava is bekend.
Toegeskryf aan St. Jeronimus vir die eerste hoofstukke tot by Pous Damasus I
Taal Latyn
Datum In die 3de eeu begin as 'n lys van biskoppe van Rome; voortgesit as biografies op verskillende tye van die 6de tot 9de eeu en ook tussen die 12de en 15de eeu.
Eerste gedrukte uitgawe J. Busæus, Anastasii bibliothecarii Vitæ seu Gesta. Romanorum Pontificum (Mainz, 1602).
Genre Biografie
Periode Van Petrus tot die 15de eeu

Die Liber Pontificalis (Latyn vir “Die boek van die pouse”) is 'n biografie van die pouse van die Rooms-Katolieke Kerk van Petrus tot die 15de eeu. Die oorspronklike uitgawes het gestop by Pous Adrianus II of Pous Stefanus V,[1] maar is later met 'n ander styl voortgesit tot by Pous Eugenius IV en dan nog verder tot by Pous Pius II.[2] Alhoewel dit deurgaans sonder kritiek aanvaar is van die 8ste tot die 18de eeu [3] word dit deesdae meer gesien as onoffisiële pouslike propaganda.[1] Die titel “Liber Pontificalis” dateer uit die 12de eeu, maar het eers in die 15de eeu algemeen geword. Veral die werk van Duchesne in die 19de eeu het dit gevestig. In die oudste manuskripte word na die werk verwys as “Liber episcopalis in quo in continentur acta beatorum pontificum Urbis Romae” en later as die “Gesta” of die “Chronica pontificum”.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Levillain, Philippe, 2002. The Papacy: An Encyclopedia. Routledge. ISBN 0-415-92228-3. p.941
  2. Catholic Encyclopedia (1913)/Liber Pontificalis
  3. Loomis, L. R., 1916. The book of the Popes. p. 9

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy