Lina Spies

Lina Spies
Gebore
Carellina Pieternella Spies

6 Maart 1939
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, digter, vertaler
Bekend virDigby Vergenoeg

Lina Spies (*6 Maart 1939 – ) is ’n Afrikaanse skrywer, digter en vertaler. Sy het die Eugène Maraisprys en die Ingrid Jonkerprys in 1972 vir haar publikasie, Digby Vergenoeg gewen.[1] Sy het ook Anne Frank se dagboek, bekend as Die Agterhuis, in Afrikaans vertaal wat aan haar die Nedbank-Akademieprys vir Vertaalde Werk-prys besorg het. Spies het die grootste deel van haar loopbaan Afrikaanse en Nederlandse letterkunde gedoseer. Haar laaste betrekking was by die Universiteit van Stellenbosch.[2]

  1. Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys 2013 Geargiveer 13 Desember 2013 op Wayback Machine, besoek op 16 Februarie 2014
  2. Lina Spies op stellenboschwriters.com, besoek op 16 Februarie 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy