Luik (stad)

Luik
Liège ♦ Lîdje ♦ Lüttich

Kaart Wapen
Vlag
 Land België
 Gewes (deelstaat) Wallonië
 Provinsie Luik
 Koördinate 50°38′N 5°34′E / 50.633°N 5.567°O / 50.633; 5.567
 Stigting 6de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 69,39 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2017) 196 767
 - Bevolkingsdigtheid 2 836/vk km
 - Metropolitaanse gebied 600 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Willy Demeyer (PS)
 Amptelike Webwerf liege.be

Luik (Frans: Liège [ljɛːʒ], Duits: Lüttich) is die vierde grootste stad van België en die amptelike ekonomiese asook die kulturele sentrum van die Franssprekende administratiewe gewes Wallonië met sowat 193 000 inwoners (2010). Luik is daarnaas ook die hoofstad van die gelyknamige provinsie Luik, setel van die Conseil économique et social de la Région Wallonie ("Ekonomiese en Sosiale Raad van die Gewes Wallonië") en setel van die bisdom Luik. Die Bekken van Luik is die derde grootste metropolitaanse gebied van België met 'n bevolking van sowat 600 000.

Luik is die setel van 'n universiteit, die Université de Liège, en ander tersiêre onderwysinstellings en beskik daarnaas oor 'n teater, die Koninklike Opera van Wallonië (Opéra royal de Wallonie) en ander kulturele instellings. Baie geboue in die stadsentrum weerspieël die geskiedenis van Luik wat meer as duisend jaar teruggaan na die vroeë Middeleeue. Die stad het later ook kunstenaars, skrywers en uitvinders soos Zénobe Gramme, Eugène Ysaye, Georges Simenon en César Franck geïnspireer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy