Lys van naaste sterre

’n Geanimeerde 3D-kaart van die naaste sterre wat om die Son gekonsentreerd is. 'n 3D-bril (rooi en groen) word aanbeveel om dit die beste te sien.

Hierdie lys van die naaste sterre bevat al die sterre en bruindwergsterre binne ’n afstand van 5 parsek (16,3 ligjare) van die Sonnestelsel af, gerangskik volgens toenemende afstand.

Morgan-Keenan-Kellman-spektraaltipes van hoofreekssterre.

Benewens die Sonnestelsel is daar nog 53 stelsels van sterre wat sover bekend binne dié afstand lê. Dié stelsels bevat altesaam 59 sterre, waarvan 50 rooidwergsterre is; hulle is verreweg die volopste sterre in die Melkweg. Die 9 ander sterre is helderder. Benewens dié "ware" sterre, is daar ook 11 bruindwerge en 4 witdwerge.

Ondanks dié 74 voorwerpe se relatiewe nabyheid aan die Aarde, het net 9 van hulle ’n skynbare magnitude van helderder as 6,5, die minimum helderheid van sterre wat met die blote oog gesien kan word. Benenewens die Son is daar net drie sterre van die eerste magnitude: Alpha Centauri, Sirius en Procyon.

Al dié voorwerpe lê in die Lokale Borrel, ’n streek in die Orion-Cygnus-arm van die Melkweg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy