Madeiraeilande

Outonome Region Madeira
Região Autónoma da Madeira  (Portugees)
Vlag Wapen
Hoofstad Funchal
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Portugal
Gelys 11de
 794 vk km
 1,5%
Bevolking
 – Totaal (2016-skatting)
 – % van Portugal
 – Bevolkingsdigtheid
Gelys 8ste
 289 000
 2,5%
 334/vk km
Statuut van Selfregering 1976
ISO 3166-2 PRT
President Alberto João Jardim
Governo Regional da Madeira

Die Madeiraeilande (Portugees: Arquipélago da Madeira) is 'n eilandgroep geleë in die Noord-Atlantiese Oseaan tussen 32°22.3′N 16°16.5′W / 32.3717°N 16.2750°W / 32.3717; -16.2750 en 33°7.8′N 17°16.65′W / 33.1300°N 17.27750°W / 33.1300; -17.27750 omtrent 580 km reg wes van Marokko op die kus van Afrika, en 870 km suidwes van Lissabon, Portugal.

Kaart van die Madeiraeilande. Ilhas Selvagens, wat verder suid lê word nie vertoon nie.
Câmara de Lobos aan die suidkus van Madeira.

Die Madeiraeilande, wat oorspronklik aan die Romeine bekend was as die Pers Eilande, is (per ongeluk) in 1418 deur Portugese seevaarders herontdek waarna Portugese setlaars hulle daar vestig. Dit is tans 'n outonome gebied van Portugal. Madeira en Porto Santo is die enigste bewoonde eilande.

Die eilande is 'n gewilde vakansieoord, wêreldwyd bekend vir madeirawyn, borduurkunstenaars, oujaarsaandfeesvieringe met indrukwekkende vuurwerkvertoning, 'n aangename klimaat, mooi landskap en pragtige blomme. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Kanariese Eilande vorm die Madeiraeilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in