Mafies

Die geologiese term mafies verwys na metamorfe- en stollingsgesteentes met 'n laer silikaat (SiO2)-inhoud as felsiese gesteentes. Die SiO2 inhoud per massa kan in mafiese gesteentes tusssen 63% en 45% wissel. Waar die silikaatinhoud laer as 45% is, word die gesteente ultra-mafies genoem.

Mafiese gesteentes is ook ryker aan magnesium- en ysterryke minerale.

Tipiese rotsvormende minerale sluit in olivien, pirokseen, amfibool en biotiet. Voorbeelde van mafiese gesteentes is basalt, doleriet en gabbro.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy