Magdalene-eilande

Magdalene-eilande
Inheemse naam: Îles de la Madeleine, Magdalen Islands
Kaart van die Magdalene-eilande
Kaart van die Magdalene-eilande
Geografie

Ligging Golf van Sint-Laurens
Koördinate 47°25′N 61°54′W / 47.417°N 61.900°W / 47.417; -61.900
Argipel Magdalene-eilande
Totale eilande 12

Oppervlakte 205,4 vk km
Hoogste punt Big Hill 174 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec

Hoofstad Les Îles-de-la-Madeleine
Grootste stad Les Îles-de-la-Madeleine

Demografie
Bevolking 12 475 (soos op 2016)

Die Magdalene-eilande (Frans: Îles-de-la-Madeleine, Engels: Magdalen Islands) is 'n klein Kanadese eilandgroep, geleë in die sentrale gedeelte van die Golf van Sint-Laurens en sowat 200 km van die kus van die Gaspé-skiereiland (Gaspésie) af, met 'n oppervlakte van 194,8 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 12 475 op die sewe bewoonde (van altesaam twaalf) eilande in 2016. Na die plaaslike Franse dialek word as Madelinot verwys. Île d'Entrée (Entry Island) is die enigste eiland met 'n tradisioneel Engelssprekende bevolking van Skotse en Ierse afkoms.[1]

Die meeste bewoners van die argipel, wat in Frans Madelinots en Madeliniennes genoem word, vind 'n heenkome in die toerismebedryf of is as vissers en robbejagters werksaam. Robbejag speel weens die internasionale druk van dieraktiviste intussen 'n minder belangrike rol, terwyl die visvangsbedryf deur die negatiewe gevolge van oorbevissing geraak word.

Die eilandgroep het 'n gematigde seeklimaat. Wintertemperature is hoër as in Montreal, terwyl somers ietwat koeler is.

  1. Jean-Hugues Robert: Portrait des Îles de la Madeleine. Montréal: Guides des voyage Ulysse 2011, bl. 4

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy