Mahendra Singh Dhoni

MS Dhoni
MS Dhoni in 2018
Volle naam Mahendra Singh Dhoni
Gebore 7 Julie 1981 (1981-07-07)
Ranchi, Bihar, Indië
Bynaam(e) Mahi, MS, MSD
Lengte 1,75 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium
Rol Kolwer, paaltjiewagter, Toets-, EDI- en T20I-kaptein
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Indië
Toetsdebuut (no 251) 2 Desember 2005 v Sri Lanka
Laaste Toets 26 Desember 2014 v Australië
Toetshempno. 251
EDI debuut (no 158) 23 Desember 2004 v Bangladesj
Laaste EDI 25 Oktober 2015 v Suid-Afrika
EDI hempno. 7
T20I debuut (no 2) 1 Desember 2006 v Suid-Afrika
Laaste T20I 5 Oktober 2015 v Suid-Afrika
T20I hempno. 7
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1999–2004 Bihar
2004/05-2020 Jharkhand
2008–2020 Chennai Super Kings
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang T20I
Wedstryde 90 350 131 98
Lopies aangeteken 4,876 10,773 7,038 1,617
Kolfgemiddeld 38.09 50.53 36.84 37.60
100s/50s 6/33 10/73 9/42 0/2
Hoogste telling 224 183* 224 56
Aflewerings geboul 96 36 126 —-
Paaltjies 0 1 0 —-
Boulgemiddeld - 31.00 —- —-
5 paaltjies in 'n kolfbeurt - —- —- —-
10 paaltjies in 'n wedstryd - —- —- —-
Beste boulontleding - 1/14 —- —-
Vangskote/Stonkings 256/38 321/123 364/57 57/34
Bron: Cricinfo, 15 Augustus 2020

Mahendra Singh Dhoni (7 Julie 1981 in Ranchi) is 'n voormalige Indiese krieketspeler en kaptein van die Indiese nasionale krieketspan. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofeë in 2006, 2009, 2013 en 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2007, 2011, 2015 en 2019, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016 vir Indië gespeel.

Hy is 'n aanvallende, regterhandse middelordekolwer en paaltjiewagter. Hy word wyd beskou as een van die beste teikenjagters in eendagkrieket. Hy maak sy debuut in 'n Internasionale eendagwedstryd (EDI) in Desember 2004 teen Bangladesj, en 'n jaar later speel hy sy eerste toets teen Sri Lanka.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy