Mango (lugredery)

Mango
IATA ICAO Roepteken
JE MNO TULCA
Gestig2006
Laaste vlugJulie 2021
HoofspilleO.R. Tambo Internasionale Lughawe
FokusstedeKaapstad Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramVoyager
Vlootgrootte10 (op sy hoogtepunt)
Bestemmings8
HouermaatskappySuid-Afrikaanse Lugdiens
HoofkantoorO.R. Tambo Internasionale Lughawe, Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika
SleutelpersoneNic Vlok (hoof- uitvoerende beampte)[1]
Webwerfflymango.com
'n Boeing 737-8BG van Mango op die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Mango (amptelik Mango Airlines SOC Ltd) was 'n Suid-Afrikaanse laekostelugredery. Die lugredery is in 2006 as 'n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gestig. Hulle het hoofsaaklik binnelandse lugroetes bedien en het meegeding teen die ander plaaslike laekosterederye. Mango se basis was die O.R. Tambo-lughawe naby Johannesburg.[2]

Sedert 2013 het die redery ook Saterdae en Dinsdae na Zanzibar gevlieg, 'n eiland op die Oos-Afrikaanse kus van die Indiese Oseaan.[3]

In lyn met kostebeparingsmaatreëls van ander vergelykbare laekostelugrederye was Mango se klantediens ook gerasionaliseer en gedigitaliseer deur middel van 'n toep ('n toepassing wat op slimfone en tabletrekenaars gelaai kan word)[3] wat:

  • Besprekings en die aankoop van kaartjies ondersteun
  • Opgedateerde vlugskedules en -tye vertoon
  • 'n Instapkaartjie en sekuriteitsklaring vir die passasier elektronies stoor en gereed hou
  • Naspoor van enige Mango-vlug verskaf, beide vir die passasier in die lug en vir familie/vriende wat op land wag
  • Mango-aanbiedings en uitverkopings aanbied.
  1. "Mango acting Chief Executive Officer appointed" (in Engels). 4 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2017. Besoek op 16 November 2016.
  2. "Directory: World Airlines". Flight International. 10 April 2007. p. 47.
  3. 3,0 3,1 Onderhoud met Hein Kaiser: Bemarkingsbestuurder van Mango. Ontbytsake op kykNET, 14 Junie 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy