Maori-kultuur

'n Maori-haka in 2012.
'n Wharenui (vergaderhuis) op die dorp Ohinemutu, Rotorua, met 'n tekoteko bo-op.

Die Maori-kultuur (Maori: Māoritanga) is die gebruike, kultuurpraktyke en geloofsoortuigings van die inheemse Maori-volk van Nieu-Seeland. Dit het uit die Oos-Polinesiese kultuur ontstaan en is steeds deel daarvan. Die Maori-kultuur vorm 'n kenmerkende deel van die Nieu-Seelandse kultuur en danksy 'n groot diaspora en die opneem van Maori-motiewe in die gewilde kultuur word dit wêreldwyd aangetref.[1][2] Onder die Maori's, en in 'n mindere mate dwarsoor Nieu-Seeland, word die woord Māoritanga dikwels gebruik as min of meer 'n sinoniem vir die Maori-kultuur. Die Maori-agtervoegsel -tanga is rofweg 'n ekwivalent van die Afrikaanse agtervoegsel "-heid" of "-skap".[3][4] Dit is ook al vertaal as "'n Maori-lewenswyse".[5]

Vier aparte maar oorvleuelende kultuurtydperke het histories tot die Maori-kultuur bygedra:

Māoritanga in die moderne tydperk word al hoe meer beïnvloed deur verstedeliking, groter kontak met Nieu-Seelanders van Europese afkoms 'n herlewing van tradisionele praktyke.

Tradisionele Maori-kuns speel 'n groot rol in Nieu-Seelandse kuns. Dit sluit in whakairo (houtsnywerk), raranga (weefwerk), kapa haka (groepoptrede), whaikōrero (redenaarskuns) en tā moko (tatoes). Die patrone en karakters wat voorgestel word, is 'n weerspieëling van die geloofsoortuigings en geslagsregisters (whakapapa) van die Maori's. Kunstenaars volg dikwels die tegniek van hulle voorouers, maar in die 21ste eeu sluit Māoritanga ook kontemporêre kunste soos rolprente, televisie, poësie en die teater in.

Die Maori's se taal is bekend as te reo Māori, wat verkort word tot te reo (letterlik "die taal"). Aan die begin van die 20ste eeu het dit gelyk of te reo Māori en ander aspekte van die Maori's se lewenswyse kan verdwyn. In die 1980's het regeringsgeborgde skole (Kura Kaupapa Māori) mense met Europese én Maori-herkoms egter in te reo begin onderrig.[6]

Tikanga Māori is 'n stel kultuurwaardes, gebruike en praktyke. Dit sluit begrippe in oor wat heilig is, om jou gemeenskap te versorg, grondregte en ander verhoudings tussen mense en hulle omgewing.[7] Tikanga verskil van 'n Westerse etiese of regstelsel omdat dit nie deur 'n sentrale owerheid of 'n stel dokumente voorgeskryf word nie. Dit is 'n vloeibaarder en dinamieser stel praktyke, en gemeenskapsaanspreeklikheid is "die doeltreffendse maganisme vir die afdwing van tikanga". [8]

  1. "Maori culture increasing in importance to NZers". NZ Herald. 15 Maart 2012. ISSN 1170-0777. Besoek op 11 Januarie 2019.
  2. Garl, Denise (1 Oktober 2018). "Hey UK brewers, cultural appropriation is not cool". The Spinoff. Besoek op 11 Januarie 2019.
  3. Taonga, New Zealand Ministry for Culture and Heritage Te Manatu. "Glossary". teara.govt.nz. Besoek op 13 Januarie 2019.
  4. Ahu, Paenga, Maria Dawn Te (19 November 2016). Te Māoritanga: wellbeing and identity. Kapa haka as a vehicle for Māori health promotion (Thesis). Auckland University of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 19 November 2016.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. "Māoritanga – Māori Dictionary". maoridictionary.co.nz. Besoek op 16 April 2019.
  6. "History of the Māori language – Te Wiki o Te Reo Māori – Māori Language Week | NZHistory, New Zealand history online". nzhistory.govt.nz. Besoek op 13 Januarie 2019.
  7. "Societal lore (tikanga) in Māori culture". otago.ac.nz. Besoek op 24 Julie 2021.
  8. Gallagher, Timoti. "Tikanga Māori Pre-1840". Te Kāhui Kura Māori, Volume 0, Issue 1. University of Wellington. Besoek op 24 Julie 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy