Margaret Ballinger

Margaret Ballinger
Margaret Ballinger, eerste president van die Liberale Party.
Gebore
Violet Margaret Livingstone Hodgson

11 Januarie 1894
Sterf7 Februarie 1980
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Bekend virPolitikus
Politieke partyLiberale Party
EggenootWilliam Ballinger
KindersGeen

Violet Margaret Livingstone (Peggy) Ballinger (gebore Hodgson, Glasgow, Skotland, 11 Januarie 1894Kaapstad, Suid-Afrika, 7 Februarie 1980) was 'n kragtige en invloedryke spreker, ’n universiteitsdosent, voorstander van gelykheid in Suid-Afrika en stigterslid en eerste leier van die Liberale Party.

Ballinger was op 9 Mei 1953 in Kaapstad saam met vername Engelssprekende intellektuele soos Alan Paton medestigter van die Liberale Party nadat hulle die Verenigde Party verlaat het weens sy gebrek aan 'n duidelike beleid ten opsigte van die rassevraagstuk. Sy was ook die party se eerste president, met Paton en Leo Marquard as mede-adjunkpresidente. Die party het gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners gegrond op volwaardige burgerskap voorgestaan, maar was nie ten gunste van die totale afskaffing van die kleurslagboom nie. Ballinger het die party verlaat voor sy ontbinding in 1968, toe die lede besluit het om liewer te ontbind as om toe te gee aan wetgewing van daardie jaar (die Wet op die Verbod op Politieke Inmenging) wat daarop gemik was om politieke partye se lede tot net een rassegroep te beperk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy