Mariental | |
---|---|
Mariental se hoofstraat | |
Leuse(s): Luceat et crescat | |
Koördinate: 24°38′S 17°58′O / 24.633°S 17.967°O | |
Land | Namibië |
Streek | Hardap |
Stigting | 1912 |
Hoogte | 1 090 m (3 580 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 12 478 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Mariental is een van die groter dorpe van Namibië met 'n bevolking van 12478 in 2011. Dit is saam met Rehoboth die vernaamste dorp in die streek Hardap. Dit is geleë aan die B1-hoofweg tussen Kaapstad en Windhoek.
Die dorp het munisipale status verwerf in 1946 en is die hoofdorp van die distrik Gibeon, 'n belangrike karakoelgebied. Die Hardap-besproeiingskema sowat 20 km noord van die dorp het gelei tot die bou van die Hardapdam, wat by sy voltooiing in 1963 die derde grootste dam in die destydse Unie van Suid-Afrika was.
Mariental het sy naam van die Duitse boer, Hermann Brandt, gekry. Hy het die dorp die naam van sy vrou, Anna Marie Mahler, gegee.[1] Brandt het 'n plaas in die area gekoop vanaf die Nama-kaptein Hendrik Witbooi.[2]