Mariner 5

Mariner 5

Mariner 5 (Mariner Venus 1967) is 'n onbemande ruimtetuig, met 'n verskeidenheid toerusting aanboord, wat die atmosfeer van Venus kan ondersoek deur middel van radio okkultasie, ook die waterstof Lyman-alpha (ultraviolet) spektrum kon toets en monsters te neem van die sondeeltjies en magnetiese veld afwykings te toets bokant die planeet. Die doelwitte was om die tussenplanetêre en Venus magnetiese velde, gelaaide deeltjies, radio refraksie en ultraviolet uitstralings van die Venus atmosfeer te bepaal. Die tuig was die vyfde van die Mariner-program.

Mariner 5 is gebou as 'n bystand vir Mariner 4 maar na die sukses van die Mariner 4 sending, is dit aangepas vir die Venus-sending. Die televisie-kamera was verwyder, die sonkragpanele omgekeer en verminder en verdere termiese isolasie is bygevoeg.

Die vuurpyl, 'n Atlas-vuurpyl nr. 5401, is gelanseer op 14 Junie 1967 vanaf Kaap Canaveral Lugmagstasie, lanseerkompleks 12. Die vlug van die eerste fase vuurpyl, Atlas, het normaal verloop en die eerste ontbranding van fase twee, Agena, het ook normaal verloop met alle stelsels binne beheer. Gedurende die tweede ontbranding van Agena was abnormale afwykings in die ontbrandings kamer se druk bespeur, tog kon die tuig die regte posisie bereik vir sy interplanetêre tog na Venus. Die druk afwyking probleem het verskeie kere voorgekom met ander NASA en Amerikaanse Lugmag lanserings en die Agena se ratkas van die turbopomp was oorontwerp. Mariner 5 het verby Venus gevlieg op 19 Oktober 1967 op 'n hoogte van 3,990 km. Aangesien Mariner 5 meer sensitiewe instrumente aan boord gehad het as sy voorganger, Mariner 2, kon dit meer lig werp oor die warm, wolkbedekte planeet en ook die kondisies tydens die interplanetêre tog.

Radio okkultasie data vanaf Mariner 5 het gehelp om die temperatuur en druk data wat deur die Wenera 4 ruimtetuig gestuur is, te verstaan. Wenera 4 het Venus bereik net voor Mariner 5. Na die twee sendings was dit duidelik dat Venus 'n baie warm oppervlakte het en dat die atmosfeer nog meer dig is as wat verwag was.

Mariner 5 se sending is in November 1967 beëindig en tans is dit verlate in 'n heliosentriese wentelbaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy