Masjiengeweer

'n Swaar militêre Browning M2-masjiengeweer.

'n Masjiengeweer is 'n outomatiese gemonteerde of draagbare vuurwapen, wat ontwerp is om patrone vinnig agtereenvolgend vanuit 'n ammunisiegordel of 'n groot-kapasiteit magasyn te vuur. Die spoed waarteen 'n masjiengeweer vuur is oor die algemeen honderde koeëls per minuut. Vroeë masjiengewere was nie outomaties nie, maar handaangedrewe, deur byvoorbeeld 'n handvatsel te draai wat lope roteer het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy