Massamiddelpunt

Hierdie speelding gebruik die massamiddelpunt-beginsel om op ’n vinger te balanseer.

Die massamiddelpunt van ’n voorwerp of ’n groep voorwerpe is in fisika die gemeenskaplike swaartepunt van die voorwerp(e), die unieke punt wat beweeg asof al die massa daar gekonsentreer is en al die eksterne kragte daar aangewend word.[1] In sterrekunde word die massamiddelpunt van twee of meer liggame wat om mekaar wentel die barisentrum genoem.

In die geval van ’n enkele stabiele liggaam is die massamiddelpunt op ’n vasgestelde plek met betrekking tot die liggaam, en as die liggaam ’n eweredige digtheid het, sal dit by die geometriese swaartepunt geleë wees. Die massamiddelpunt kan buite die liggaam lê, soos by ’n hol liggaam of een met oop punte (soos ’n hoefyster). Waar verskeie liggame ter sprake is, soos by die planete om die Son, kan die punt buite enigeen van die afsonderlike liggame lê.

  1. Fisika: Kernkonsepte, Fakulteit Natuurwetenskappe, Noordwes-universiteit, 2006. URL besoek op 27 April 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy