Matt Damon

Matt Damon
'n Promosiefoto van Matt Damon.
Damon op promosie vir The Bourne Ultimatum. September 2007.

Geboortenaam Matthew Paige Damon
Geboorte 8 Oktober 1970 (1970-10-08)
Cambridge, MA (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger
Rolprente Saving Private Ryan, The Bourne Identity
Toekennings Oscar & Golden Globe vir Good Will Hunting
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Matt Damon (* 8 Oktober 1970-) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer en filantroop wie se loopbaan afgeskop het met die sukses van die rolprent Good Will Hunting, van 'n draaiboek wat hy saam met sy vriend Ben Affleck geskryf het. Vir hierdie werk het die paar die Academy-prys vir die skryf van 'n oorspronklike draaiboek en die Golden Globe-prys vir die beste draaiboek ontvang. Damon het ook talle nominasies vir beste akteur vir sy hoofvertolking vir hierdie rolprent ingehark.[1]

Damon het voortgegaan om in rolprente soos Saving Private Ryan, The Talented Mr. Ripley, die Ocean's-trilogie, die Bourne-reeks, Syriana, The Good Shepherd en The Departed te speel. Hy het verskeie toekenningsnominasies vir sy rolprentverskynings ontvang en is in 2007 met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer. Damon is een van die top vyf-en-dertig hoogs besoldigde akteurs in die aangetekende menslike geskiedenis. Hy is in 2007 deur People-tydskrif die titel Sexiest Man Alive (Afrikaans: aantreklikste lewendie man) toegeken.

Damon is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies, insluitende by die ONE-veldtog en die H2O Afrika-stigting. Damon het twee dogters, Isabella en Gia, by sy vrou Luciana Bozán Barroso, asook 'n stiefdogter, Alexia, van Barroso se vorige huwelik.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy