Matzikama Plaaslike Munisipaliteit

Matzikama Plaaslike Munisipaliteit
Kaart van Suid-Afrika wat Matzikama Plaaslike Munisipaliteit in Wes-Kaap aandui
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode WC011
Burgemeester Mnr J. van der Hoven (DA)
Hoofstad Vredendal
Grootste tale Afrikaans, Xhosa
Area 12 981 km²  
Bevolking 67 147 (2011)

Matzikama is die mees noordelike plaaslike owerheid in die provinsie Wes-Kaap, binne die gebied van die Weskus-distriksmunisipaliteit. Dit word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die Namakwa-distriksmunisipaliteit in die noorde, die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit in die suide en die provinsie Noord-Kaap in die ooste.

Die hoofdorp is Vredendal, met ander belangrike dorpe Vanrhynsdorp, Klawer, Koekenaap, Strandfontein, Doringbaai en Lutzville. Die totale oppervlak van die munisipaliteit is sowat 5 549 km². Die naam is ontleen aan die Matsikammaberge, sowat 10 km suid van Vanrhynsdorp, tussen die Troe-Troe en Wiedourivier.

Matzikama is die enigste munisipaliteit in Suid-Afrika wat Afrikaans as eerste taal gebruik.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy