McDonnell Douglas F-15 Eagle

F-15 Eagle
'n F-15 Eagle op patrollie tydens Operation Noble Eagle
Tipe Taktiese lugsuperioriteit/vegter
Vervaardiger McDonnell Douglas
Ontwerp deur McDonnell Douglas
Nooiensvlug 27 Julie 1972
Vrygestel 9 Januarie 1976
Status In gebruik
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag
Vervaardig 1972-
Aantal gebou 1198
Eenheidskoste VS$ 28 miljoen (1998)

McDonnell Douglas F-15 Eagle is 'n Amerikaanse dubbelmotorige taktiese vegvliegtuig wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is spesiaal deur McDonnell Douglas (nou Boeing) ontwerp om lugoorheersing te verkry en te behou, en om luggevegte uit te voer. Dit is een van die suksesvolste moderne vegters, met meer as 100 luggevegoorwinnings. Nadat die voorstelle wat in 1967 ingedien is hersien is, het die Amerikaanse Lugmag McDonnell Douglas se ontwerpvoorstel aanvaar vir 'n toegewyde lugsuperioriteitsvegter. Die Eagle se nooiensvlug was in Julie 1972, en is in aktiewe diens sedert 1976.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy