McLaren

Lando Norris bestuur die McLaren MCL36 in die 2022 Britse Grand Prix
Sergio Perez in 2013 in Maleisië

McLaren Racing Limited is 'n Britse motorsportspan met 'n lang geskiedenis sedert 1963. Hulle neem aan Formule Eenwêreldkampioenskapsrenne deel en gebruik tans (2021–) Mercedes-Benz se E Performance-enjins in hulle renmotors, nadat hulle in 2018 en 2019 Renault se F1-enjins gebruik het. Die span het tot in November 2017 Honda-enjins gebruik, maar was ontevrede met dié se werkverrigting en wedrenbetroubaarheid.

Die span se renjaers vir die 2018 Formule Een-seisoen was Fernando Alonso en Stoffel Vandoorne, en in 2019 het die span twee nuwelinge, naamlik Carlos Sainz jr. en Lando Norris, ingespan. In 2021 vervang Daniel Ricciardo vir Sainz wat na Ferrari verskuif het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy