Mehmet VI

Mehmet VI
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam

Volle naam Sultan Mehmet VI Wahid ed-din
Ottomaanse naam محمد سادس
Tydperk 1918–1922
Stadium Ondergang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Mehmet V
Opvolger Sultanaat afgeskaf
Abdülmecid II
Toegra

Mehmet VI (Ottomaanse Turks: محمد سادس, moderne Turks: VI. Mehmet Vahideddin; 14 Januarie/2 Februarie 1861 – 15/16 Mei 1926) was van 1918 tot 1922 die 36ste en laaste sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was die seun van sultan Abdülmecid I en die broer van sy voorganger, sultan Mehmet V. Hy het die troon bestyg as die oudste manlike lid van die Huis van Osman nadat die erfgenaam, Abdülaziz se seun Yusuf Izzettin Efendi, in 1916 selfmoord gepleeg het.[1]

  1. Freely, John, Inside the Seraglio, 1999, hoofstuk 16

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy