Mel Gibson

Mel Gibson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Mel Gibson by die Cannes 2016

Geboortenaam Mel Colm-Cille Gerard Gibson
Geboorte 03 Januarie 1956 (1956-01-03)
Peekskill, New York, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, filmmaker, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1976–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Mel Colm-Cille Gerard Gibson (gebore op 3 Januarie 1956) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger, en draaiboekskrywer. Hy het twee Oscars vir die rolprent Braveheart ontvang (beste regie en beste film). Daarnaas het hy meer as twintig ander filmpryse oor sy loopbaan gewen, waaronder 'n Golden Globe, 'n National Board of Review Award en 'n Golden Satellite Award.

Gibson is veral bekend vir die prominente rolle wat hy in verskeie aksiefilms gespeel het. Van sy bekendste rolprente is: Mad Max (1979), Gallipoli (1981), The Bounty (1984), Lethal Weapon (1990), Lethal Weapon 2 (1991), Lethal Weapon 3 (1992), Lethal Weapon 4 (1998), Braveheart (1995) en Ransom (1996). Hy was ook die regisseur van die film, The Passion of the Christ in 2004, wat losweg op die visioene van Catherine Emmerich gebaseer is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy