Menslike skelet

Die menslike skelet

Die menslike skelet (Grieks σκελετός, skeletos “verdroë liggaam”), of geraamte, bestaan uit al die bene in die menslike liggaam. In 'n pasgebore baba bestaan die skelet uit ongeveer 300 beenstukke, maar sommige van hierdie bene groei later aan mekaar vas, met die gevolg dat die volwasse skelet gewoonlik uit 206 afsonderlike beenstukke bestaan. Die skelet vorm 'n raamwerk waaraan sagter weefsel vasgeheg kan word. Dit gee die liggaam vorm, en beskerm belangrike organe soos die brein en rugmurg. Die skelet is egter ook ʼn lewende deel van die liggaam en produseer bloedselle en ruil minerale met die bloed uit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy