Mentol

Mentol is 'n organiese verbinding wat sinteties vervaardig word, of uit natuurlike bronne soos byvoorbeeld kruisement of ander plantolies verkry word. Dit is 'n wasagtige, kristallyne stof. Dit is deurskynend of wit, en is by kamertemperatuur 'n vaste stof. Die belangrikste vorm van mentol wat in die natuur voorkom, is (−)-mentol, t.w. die (1R,2S,5R) konfigurasie. Mentol het effense plaaslike verdowingseffekte, en verminder irritasie. Om hierdie rede word dit wyd gebruik om keelirritasie teen te werk. Mentol is ook 'n swak kappa opioïedreseptor agonis.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy