Mercedes-Benz M110 enjin

  Mercedes-Benz M110-enjin
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Produksietyd 1972–1986
Konfigurasie Natuurlike lugvloei inlynsessilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 2,7 L (2 746 cc)
Boorwydte 86 mm (3,39 in)
Slaglengte 78,8 mm (3,10 in)
Drukverhouding 9.0:1
Stelsels
Klepwerking DOHC 2 kleppe per silinder
Brandstoftipe Petrol
Brandstofstelsel Solex 4A1 vergasser
Smeerstelsel Druksirkulasie
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Bestuurstelsel Bosch Jetronic
Enjinlewering
Kraglewering 105–136 kW (141–182 hp)
Wringkrag 226–240 Nm
Plek in geskiedenis
Opvolger M103

Die M110-enjinfamilie is 'n DOHC-ontwerp (dubbele bonokas) reguit-6-enjin wat deur Mercedes-Benz in die 1970's en 1980's vervaardig is.

Die M110.92x en M110.93x is vergasserenjins met Solex 4A1-vergassers.

Die M110.98x- en .99x-enjins is brandstofingespuite enjins, met Bosch D-Jetronic tot by die .983 en K-Jetronic vanaf die .984.

Al die M110-enjins het 'n verplasing van 2 746 cc (2,7 L; 167,6 cu in) en 'n boor en slag van 86 mm x 78.8 mm. Vuurorde is 1-5-3-6-2-4. Die hoeveelheid koelmiddel in die verkoeler was 11 liter vanaf 1972 en 12 liter vanaf 1980's en verder. Die hoeveelheid olie (smeermiddel) in die enjin was 6 liter. Smeerstelsel was druksirkulasie. Aantal kleppe was 1 inlaat, 1 uitlaat met V-vormige bokonfigurasie. Die klepwerking was twee bonokasse en die nokasaandrywing was 'n dubbelrolketting.

Die M110 .92x en .93x vergasserenjins is vervang deur die SOHC 2.6L M103, terwyl .98x en .99x brandstofinspuitenjins sedert 1986 deur die 3.0L M103 vervang is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy