Mercedes-Benz M120 enjin

  Mercedes-Benz M120
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Konfigurasie 60° V12
Afmetings
Inhoudsmaat 6,0 L (5 987 cc)
7,3 L (7 291 cc)
Boorwydte 89 mm (3,5 in)
91,5 mm (3,60 in)
Slaglengte 80,2 mm (3,16 in)
92,4 mm (3,64 in)
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DOHC 4 kleppe per silinder
Brandstoftipe Petrol
Brandstofstelsel sekwensiële brandstofinspuiting
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Enjinlewering
Kraglewering 290–588 kW (389–789 hp)
Plek in geskiedenis
Opvolger M137

Die Mercedes-Benz M120 enjin is 'n hoë-prestasie V12-enjin-familie wat in die 1990's en 2000's in Mercedes-Benz se vlagskipmodelle gebruik is.

Die M120-familie word in Stuttgart, Duitsland, gebou. Dit het 'n aluminium-enjinblok wat met silikon/aluminium gevoer is. Die aluminium DOHC-silinderkoppe het 4 kleppe per silinder. Dit maak gebruik van sekwensiële brandstofinspuiting (SFI) en het suierstange van gesmeede staal.

Die M120 is uiteindelik vervang deur die kleiner, minder kragtige, kortstondige, SOHC, drie kleppe per silinder, 5,8 L, M137 V12-enjin. Mercedes het die produksie van die M120 gestaak weens strenger uitlaatbeperkings in Europa.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy