Mercedes-Benz OM617-enjin

 Mercedes-Benz OM617-enjin
Oorsig
Vervaardiger Daimler-Benz
Produksietyd 1974-1991
Konfigurasie Inlynvyfsilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 3,0 L (2 998 cc)
3,0 L (3 005 cc)
Boorwydte 90,9 mm (3,58 in)
91 mm (3,58 in)
Slaglengte 92,4 mm (3,64 in)
Drukverhouding 21.0:1
Blok Gietyster
Kopstuk Gietyster
Stelsels
Klepwerking Kettinggedrewe SOHC 10-klep
Brandstoftipe Diesel
Turboaanjaer Slegs op OM 617.950
Brandstofstelsel Indirekte inspuiting
Smeerstelsel Druksirkulasie
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Bestuurstelsel Bosch M of MW pomp
Enjinlewering
Kraglewering 59–169 kW (79–227 hp)
Wringkrag 168-250 Nm
Plek in geskiedenis
Opvolger OM602

Die OM617-enjinfamilie is 'n inlynvyfsilinder dieselenjin van Mercedes-Benz wat van 1974 tot 1991 vervaardig is. Dit is 'n direkte ontwikkeling vanaf die inlynviersilinder OM616. Die OM617 word beskou as een van die betroubaarste enjins wat ooit vervaardig is met enjins wat dikwels meer as 1 000 000 km sonder om herbou te word en is een van die belangrikste redes vir Mercedes se gewildheid in Noord-Amerika in die 1980's. Dit was 'n kragtige en betroubare enjin in vergelyking met ander dieselmotors van die tyd. Dit is ook 'n baie gewilde keuse vir die gebruik van alternatiewe brandstowwe, hoofsaaklik plantaardige olie of biodiesel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy