Mercedes AMG Petronas F1-span

Nota: Hierdie artikel handel slegs oor Mercedes-Benz se geskiedenis as Formule Een-renspan. Vir die verskaffer van Mercedes renmotorenjins, sien Mercedes AMG High Performance Powertrains op die Engelse wikipedia.
Monument ter ere aan Rudolf Caracciola en Mercedes-renmotors
Karl Kling in 'n antieke Mercedes-Benz W196
Lewis Hamilton hetvir etlike jare groot welslae behaal in die Mercedes AMG F1.

Die Mercedes AMG Petronas Formule Een-span (voorheen Mercedes Grand Prix) is 'n Duits-Britse Formule Een-motorrenspan wat by Brackley, Northamptonshire, in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een wêreldkampioenskap deel en maak ook gebruik van Mercedes F1-enjins in hulle renmotors.

Die span se renjaers vir die 2014 tot 2016 Formule Een-seisoene was die Brit Lewis Hamilton en die Duitser Nico Rosberg. In 2017 het die Finse renjaer Valtteri Bottas die 2016-wêreldkampioen Rosberg, wie uitgetree het, in die span vervang.

Die jong jaer George Russell het in 2022 by die Mercedes-fabriekspan aangesluit nadat Bottas na Alfa Romeo verskuif het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy