Meson

Nege mesone met ’n spin van nul.

’n Meson is ’n subatomiese deeltjie wat uit een kwark en een antikwark bestaan. Van die bekende mesone is die pion (π-meson) en kaon (K-meson). Omdat mesone opgebou is uit kwarke, behoort hulle nes barione tot die familie van die hadrone. Mesone het ’n heeltallige spin en val daarom onder die bosone, in teenstelling met barione, wat ’n halftallige spin het en onder die fermione val.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy