Mfecane

Koning Shaka

Die Mfecane (in ander Afrikatale ook bekend as difaqane, lifaqane en fetcani) was 'n tydperk van revolusionêre veranderinge, wydverspreide wanorde en oorlogvoering tussen die inheemse etniese groepe van suidelike Afrika wat sy hoogtepunt bereik het tussen die jare 1815 en 1830. Aanvalle deur die Zoeloes op hul buurstamme het 'n uitkringende effek gehad. Oorlewende stamme en in baie gevalle slegs individue wat deur Shaka se impi's aangeval is, het gevlug en tydens die vlugtog ander groepe aangeval wat weer op hul beurt gevlug, geroof en gemoor het. Duisende mense het in die oorloë en aan die gevolge daarvan omgekom.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy