Michel Serres

Michel Serres
Michel Serres in 2011

Gebore 1 September 1930 (1930-09-01)
Agen, Lot-et-Garonne, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Epistemologie, wetenskapsfilosofie
Instelling(s) Stanford-universiteit
Alma mater École Navale
École Normale Supérieure
Bekend vir Hermes, die boodskapper van die gode, staan vir die kommunikasie wat tussen wetenskap en die kunste plaasvind
Beïnvloed deur Gaston Bachelard[1][2]
Invloed op Bruno Latour, Steven Connor, Pierre Lévy, Isabelle Stengers, Ilya Prigogine, Réda Benkirane

Michel Serres (Agen, 1 September 1930) is 'n Franse filosoof en wetenskap historikus. Sy eerste werke het hoofsaaklik gefokus op die probleem van rasionaliteit en vooruitgang in die wetenskappe en die gevolge daarvan. Sy vroeë Hermès-reeks het hoofsaaklik gefokus op die rol van kommunikasie, en kan in 'n sin binne (wiskundige) strukturalisme geplaas word. 'n Sentrale metafoor wat hy gebruik, is dié van die boodskapper, hoofsaaklik gesimboliseer deur Hermes, die Griekse god van handel en verkeer. In latere werke gebruik hy ook die metafoor van die engele.

Vanaf die 1980's was daar egter 'n verskuiwing in Serres se werk. Terwyl hy in sy vroeëre werke hoofsaaklik 'n soort kommentaar op ander skrywers ontwikkel het, het hy later sy eie konsepte ontwikkel. Hy beperk hom nie net tot wetenskaplike teorieë nie, maar ook op literatuurontledings en mites.

Serres is ook 'n entoesiastiese voorstander van die vrye verspreiding van kennis en is ook in sy lewe baie positief oor Wikipedia.[3]

  1. (fr) M. Serres, "La réforme et les sept péchés," L'Arc, 42: "Bachelard special issue" (1970).
  2. Schrift (2006), bl. 180.
  3. (fr) "Quand l'académicien Michel Serres valide Wikipedia", besoek op 22 Junie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy