Miskruier

Miskruier
Miskruier besig om sy misballetjie aan te rol
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:

Die miskruier is 'n soort kewer wat bekend is daarvoor dat hy mis in ronde balletjies rol, rondstoot en begrawe, asook sy geneigdheid om eiers in dieremis te lê.

Miskruiers word in die familie Scarabaeidae geklassifiseer, wat meer as 20 000 spesies in verskeie genera bevat, insluitend die Afrika-genus Goliathus, die grootste en swaarste van die kewers. Miskruiers leef in verskeie habitats, insluitend woestyn, plaasland, woude en graslande. Hulle hou nie van uiters koue of droë weer nie, en kom dus voor op alle kontinente behalwe Antarktika.

Die miskruier se dieet bestaan hoofsaaklik uit mis. Hulle vreet mis van 'n verskeidenheid diere, solank as die dier 'n herbivoor is. Miskruiers vreet ook sampioene, blare en ander ontbindende materiaal. Miskruiers hoef nie enigiets anders te vreet nie, omdat die mis al die benodigde voedingstowwe bevat; hulle hoef nie eens water te drink nie.

Die miskruier se lyf bestaan uit 'n kop, abdomen en toraks. Hulle het bene, geleë op die toraks, wat gespesialiseerd is vir die grawe van mis en die rondrol daarvan.

Die miskruier het 'n volledige metamorfose. Die vroulike kewer lê 'n eier in 'n misbal wat dan begrawe word om dit van erosie en diere te beskerm. Tydens die larwestadium vreet die kewer die mis waarin hy begrawe is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy