Muis

Vir ander gebruike, sien Muis (dubbelsinnig).

Muise
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
'n Wilde muis

'n Muis is 'n knaagdier wat aan een van twee families behoort: die Muridae (vanaf Latyn mus wat muis beteken) en die Cricetidae (vanaf Nieu-Latyn cricetus wat kleiner hamster beteken).

Alhoewel muise vir tot twee jaar lank kan lewe in laboratoriumtoestande, is die gemiddelde lewensduurte in die natuur slegs drie maande lank, omdat hulle so gejag word deur roofdiere. Veral katte, wildehonde, roofvoëls en slange vang hulle.

Muise kan 'n plaag wees, deurdat hulle aanplantings kan beskadig en opvreet, en ook omdat hulle siekte kan versprei deur middel van muisparasiete en die bakterieë in hul mis. Die makmaking van die kat duisende jare gelede het waarskynlik juis gebeur om muise en rotte te beheer.

Muise kan nie kleur onderskei nie, en sien slegs in swart-en-witskakering.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy