Muskiet

Culicidae
'n Wyfiemuskiet (Culiseta longiareolata)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Superfamilie:
Familie:
Culicidae

Meigen, 1818 [1]
Subfamilies

Anophelinae
Culicinae

Diversiteit
112 genera

Muskiete, die Culicidae, is 'n familie van klein vlieë wat uit 3 600 spesies bestaan. Die woord muskiet (gevorm deur mosca en verkleining -ito) is Spaans en Portugees vir klein vlieg. Muskiete het 'n skraal gesegmenteerde liggaam, een paar vlerke, drie pare lang haaragtige bene, en gespesialiseerde, hoogs verlengde, deurdringende suigende monddele.

Alle muskiete drink nektar van blomme; wyfies van sommige spesies het boonop aangepas om bloed te drink. Evolusionêre bioloë beskou muskiete as mikroroofdiere, klein diere wat groteres parasiteer deur hul bloed te drink sonder om hulle dadelik dood te maak. Mediese parasitoloë beskou muskiete eerder as vektore van siektes, deurdat hulle protosoë parasiete of bakteriële of virale patogene van een gasheer na 'n ander dra.[2][3]

Die muskietlewensiklus bestaan uit vier stadiums: eier, larwe, papie en volwassene. Eiers word op 'n wateroppervlak gelê; hulle broei uit tot beweeglike larwes wat op wateralge en organiese materiaal voed. Hierdie larwes is belangrike voedselbronne vir baie varswaterdiere, soos naaldekokers, baie visse en sommige voëls. Volwasse wyfies van baie spesies het monddele wat aangepas is om die vel van 'n gasheer deur te steek en te voed op bloed van 'n wye reeks gewerwelde gashere, en sommige ongewerwelde diere, hoofsaaklik ander geleedpotiges. Sommige spesies produseer slegs eiers na 'n bloedmaaltyd.[4][5]

Die muskiet se speeksel word tydens die byt na die gasheer oorgedra, en kan 'n jeukerige uitslag veroorsaak. Daarbenewens kan bloedvoedende spesies patogene inneem terwyl hulle byt, en dit na ander gashere oordra. Daardie spesies sluit vektore van parasitiese siektes soos malaria en filariasis in, en arbovirale siektes soos geelkoors en dengue-koors. Deur siektes oor te dra, veroorsaak muskiete die dood van meer as 725 000 mense elke jaar.

  1. Harbach, Ralph (2 November 2008). "Family Culicidae Meigen, 1818". Mosquito Taxonomic Inventory (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 21 Januarie 2015.
  2. "mosquito". Real Academia Española. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2016. Besoek op 24 Julie 2016.
  3. Brown, Lesley (1993). The New Shorter Oxford English Dictionary on Historical Principles. Oxford, England: Clarendon. ISBN 978-0-19-861271-1.
  4. "FAQs". American Mosquito Control Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. {{cite web}}: Text "AMCA" ignored (hulp)
  5. Kosova, Jonida (2003) "Longevity Studies of Sindbis Virus Infected Aedes Albopictus" Geargiveer 25 April 2012 op Wayback Machine. All Volumes (2001–2008). Paper 94.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy