Muurprop

Wêreldkaart van kragproppe en -aansluitings, vereenvoudig
BS 546 proppe – 15A 5A 2A
Geaarde muurprop, tipe E, hierdie word in België en Frankryk aangetref
Verlengstrook vir 6 tipe F (met gronddraad) of 12 tipe C-proppe  (plat, sonder grond)

'n Muurprop is 'n aansluitpunt vir die afneem van elektriese energie van die kragnet met behulp van 'n plastiek- of geïsoleerde metaalkissie.

So 'n muurprop (of in der waarheid 'n muursok) is die ontvang- of inpasdeel waarin 'n kontaksok ingesteek word om 'n elektriese kring te sluit.

Die bekendste muurproppe in Suid-Afrika bestaan uit drie kontakpunte vir die kontakprop, die grootste aansluiting is die grond- of beskermingkontak. In Europa word proppe met "twee gate" teen 'n spanning van 220-240 volt aangetref. Kontakbokse kan of in die muur ingebou wees (vlakpassend), of bo-op die pleisterlaag gemonteer word indien dit ná die bouery aangebring is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy