NG gemeente Kadoma

Die NG kerkgebou op Kadoma omstreeks 1951. Dit was 'n geskenk van Salisbury se moedergemeente met afstigting in 1943 en is vandag nog die gemeente se kerkgebou, al staan die saal en pastorie in Westview, 'n beter deel van die dorp. Daar was vroeër jare sprake dat die kerkgebou ook sou verhuis, maar met die verhuising van lidmate uit Zimbabwe en die afname in die getal lidmate het dit nie 'n werklikheid geword nie.
Ds. W.P. de Vos, vader van die TV-persoonlikheid Eon de Vos, was die tweede leraar van Gatooma.

Die NG gemeente Kadoma (vroeër Gatooma) is 'n Zimbabwiese gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy kernpunt op die dorp Kadoma in die Ring van Midde-Afrika binne die Noordelike Sinode (vroeër Noord-Transvaal) wat in 2010 63 lidmate gehad het, van wie 48 lidmate van die NG Kerk was en 15 nie-lidmate.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy