naamval | |
nominatief | vokatief |
genitief | ablatief |
datief | instrumentaal |
akkusatief | lokatief |
Naamvalle dui op die vorme wat 'n selfstandige naamwoord kan aanneem om 'n funksie binne 'n sin te verrig.
Naamvalle het ontstaan deur die samesmelting van 'n woordstam met meestal 'n verbindingsklinker en 'n agtervoegsel. Daar was verskillende stelsels van uitgange (verbuigings of deklinasies) afhanklik van die stam en sy verbindingsklinker en die geslag en die getal van die woord. Indo-Europees het manlik, vroulik en onsydig as geslagte en enkelvoud, tweevoud en meervoud als getalle. Die vroulike geslag is egter 'n wat later ontwikkeling. Die oudste Indo-Europese tale wat ons ken, soos Hetities het net lewend – nie-lewend onderskei.
Die uitgange is nie net aan die selfstandige naamwoorde gelas nie maar ook aan telwoorde, voornaamwoorde en byvoeglike naamwoorde.
Die Indo-Europese taal het agt naamvalle geken. Die tale wat afstam van Indo-Europees het begin om hulle naamvalle te verloor; party tale is egter meer konserwatief as ander. Afrikaans het byvoorbeeld die stelsel amper heeltemal verloor, maar Tsjeggies het nog sewe naamvalle.
Die konserwatiefste takke van Indo-Europees is die Slawiese en veral die Baltiese tale. Latyn het ses naamvalle gehad, maar in die Romaanse tale het net Roemeens nog twee of drie vorme. In die Indo-Iranse groep het Sanskrit nog die volle agt gehad, maar die huidige Hindi het net twee vorme, of drie as mens die vokatief bytel. Germaans het nog vier naamvalle behou: nominatief, genitief, datief en akkusatief. In Yslands en Duits is hierdie vier naamvalle nog bewaar (hoewel gesproke Duits van die genitief nouliks gebruik maak).
In ander taalfamilies bestaan ook woordvorme wat analogie naamvalle genoem word. Voorbeelde is die Fins-Oegriese tale en die Drawidiese. Fins het byvoorbeeld 19 'naamvalle' of liewer 19 agtervoegsels. Tamil het byvoorbeeld 'n 'ablatief' met 'n uitgang -ilirunta. Ook Semitiese tale het 'n soort naamvalstelsel gehad.
Naamvalle | ||
---|---|---|
Basies | Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek | |
Adpositioneel | Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis | |
Lokatief | Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief | |
Comparatief | Comparatief · Equatief | |
Evaluatief | Aversief · Benefaktief · Evitatief | |
Ander | Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief |
Sien naamval in Wiktionary, die vrye woordeboek. |