Nasionale Biblioteek van Griekeland

Die fasade van die biblioteekgebou.

Die Nasionale Biblioteek van Griekeland (Grieks: Εθνική Βιβλιοθήκη) is geleë naby die middestad van Athene. Dit het 4 500 Griekse manuskripte, wat een van die grootstes ter wêreld is. Daar is ook ’n argief oor die Griekse Rewolusie.

Onder die biblioteek se artikels is ’n kodeks van die vier Evangelies; ’n deel van die Evangelie volgens Matteus uit die 6de eeu; Flora Graeca Sibthorpiana deur die Engelse botanis John Sibthorp; Die Groot Etimologiese Woordeboek, ’n historiese Bisantynse woordeboek; en die eerste publikasie van Homeros se epiese gedigte en gesange.[1]

  1. "Treasures - National Library of Greece". The European Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2009. Besoek op 27 Julie 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy