Nederlandse Kaapkolonie

Hierdie artikel is ingeskryf vir die Skole Skryfkompetisie [1].
As u van plan was om ’n groot wysiging aan hierdie artikel aan te bring, is dit miskien ’n
beter idee om dit vir eers op die besprekingsblad voor te stel. Nog inligting hier.
Kaapkolonie
Nederlandse Kaapkolonie
1652–1795
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Kaapkolonie
Ligging of Kaapkolonie
Evolusie van die Nederlandse Kaapkolonie
Hoofstad Eers die Kasteel die Goeie Hoop, later Kaapstad
33°55′S 18°25′O / 33.917°S 18.417°O / -33.917; 18.417
Taal/Tale Nederlands (amptelik), Xiri, Korana, Khoekhoen, Xhosa, Engels
Godsdiens Gereformeerd, Waals Gereformeerd (tot 1713), Lutheranisme (vanaf 1778)[1], Tradisionele Afrika-godsdiens
Regering Republiek
Goewerneur
 - 1652–1662 Jan van Riebeeck
 - 1679–1699 Simon van der Stel
 - 1771–1785 Joachim van Plettenberg
 - 1803–1806 Jan Willem Janssens
Historiese tydperk Imperialisme
 - Stigting van Kaapstad 6 April 1652
 - Verhef tot gouvernement 1691
 - Eerste Britse besetting 7 Augustus 1795
 - Kaapkolonie herplaas onder Nederlandse bewind 1 Maart 1803
 - Slag van Blaauwberg 8 Januarie 1806
Bevolking
 - 1797[2] skatting 61 947 
Geldeenheid Ryksdaalder
Die Geskiedenis van die Kaapkolonie reeks

Nederlandse Kaapkolonie
Kaapkolonie

Voor 1806
Vanaf 1806 tot 1870
Vanaf 1870 tot 1899
Vanaf 1899 tot 1910

Die Nederlandse Kaapkolonie was tussen 1652 en 1795 'n kolonie van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Die kolonie is deur Jan van Riebeeck gestig as 'n herlaai- en tussenstop-hawe vir skepe van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie wat met Asië handel gedryf het.[3] Jan van Riebeeck het in die Kaap aangekom met twee skepe (The Drommedaris and Goedehoop). Jan van Riebeeck was geakkommodeer deur 82 mans en 8 vrouens, insluitend sy vrou Maria. Na Jan van Riebeeck het Zacharias Wagenaer is pos oorgeneem (6 Mei 1662 - 27 September 1666).Met sy aankoms was hy beveel om n vyfpunt klipkasteel te bou genaamd, de Goede Hoop.

Die doel van die vestigingspos in 1652 was om voorsiening te maak aan verbygaande handelskepe wat vaart tussen Holland en die Ooste. Die vestigingspos het ten doel gehad om voorsiening te maak aan voorrade soos vars kos, water, mediese dienste asook die herstel van skepe.

Met die beveiliging van die gebied het Van Riebeeck en sy manne vinnig begin om 'n fort te bou wat die middelpunt van Nederlandse bedrywighede aan die Kaap sou word. Die Fort de Goede Hoop is binne 'n paar maande voltooi en het beide militêre en administratiewe doeleindes gedien. Van Riebeeck se primêre doelwit was om te verseker dat die stasie aan die logistieke behoeftes van die VOC voldoen, maar sy aankoms het ook dramatiese veranderinge vir die inheemse mense in die gebied ingelui.

Die kolonie het in die jare na sy stigting vinnig uitgebrei tot 'n vestigingskolonie, tot die groot ontsteltenis van die bestuur van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie wat hoofsaaklik geïnteresseerd was in winsbejag uit die Asiatiese handel.

Omdat die kolonie, as enigste permanente vestiging van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, nie as 'n handelspos gedien het nie, was dit 'n ideale plek vir afgetrede werknemers van die Kompanjie om hulle in te vestig. Na 'n paar jaar van diens in die maatskappy kon werknemers as 'n "vryburgher" 'n stuk grond in dié kolonie huur waarop hulle gewasse kon kweek wat hulle aan die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie moes verkoop het vir 'n vaste prys. Omdat hierdie plase arbeidsintensief was, het die vryburghers slawe uit Madagaskar, Mosambiek en Asië ingevoer wat die bevolking vinnig laat toeneem het.[3] Nadat Lodewyk XIV die Edik van Nantes, wat die reg van die Hugenote in Frankryk beskerm het om hul godsdiens sonder vervolging van die staat te beoefen, in Oktober 1685 herroep het, het die kolonie baie Hugenoot-setlaars gelok wat uiteindelik met die algemene Vryburgher-bevolking gemeng het.

As gevolg van die outoritêre gesag van die Kompanjie, wat boere aangesê het wat om te verbou en teen watter prys, en die monopolisering van die handel, het sommige boere probeer om die oppergesag van die maatskappy te ontsnap deur verder na die binneland te trek. Die maatskappy het probeer om hierdie migrante te beheer deur die oprigting van 'n landdroskantoor in Swellendam in 1745 en 'n verdere een by Graaff-Reinet in 1786. Die Kompanjie het die Gamtoosrivier tot die oosgrens van die kolonie verklaar, net om te sien hoe die trekboere dit kort daarna oorsteek. Om moontlike konflik met die Bantoevolke te vermy wat van Oos-Sentraal-Afrika na die suide en weste beweeg het, het die Nederlanders in 1780 besluit dat die Groot-Visrivier die kolonie se oosgrens sal vorm.

In 1795 is die Kaapkolonie ná die Slag van Muizenberg deur die Britte beset. Onder die voorwaardes van die Vrede van Amiens in 1802 was dat die kolonie op 1 Maart 1803 aan die Nederlanders teruggegee sou word, maar nadat die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie genasionaliseer is, is die kolonie direk deur die Bataafse Republiek geregeer. Die oordrag was egter nie lank van krag nie, omrede die uitbreek van die Napoleontiese Oorloë die Vrede van Amiens ongeldig gemaak het. In Januarie 1806 is die kolonie ná die Slag van Blaauwberg vir 'n tweede keer deur die Britte beset. Hierdie oordrag is bevestig in die Anglo-Nederlandse Verdrag van 1814.

Die rol van die Khoi tydens 1652.

Vervaardiging en Handelsdryf - Die Khoi was veeboere en het 'n belangrike rol gespeel in die verskaffing van vars vleis aan die vroeë Nederlandse setelaars. Hulle het ook handel gedryf met die VOC vir Europese goedere soos Alkohol, tabak en ysterware in ruil vir beeste en skape, dus het die Khoi verslaaf geraak aan Tabak en Alkohol omdat dit iets is wat hulle nie geken het.

Grondbesetting en Konflik - Die uitbreiding van die Nederlandse kolonie het gelei tot konflik tussen die Khoi en die kolonialiste, aangesien die Nederlanders meer grond vir boerdery geeis het. Nederlanders het voordeel daaruit getrek dat die Khoi nie so ingelig was soos die Nederlanders oor grondbesetting nie.

Krotoa se huwelik met Pieter van Meerhof.

Gedurende die eerste paar dae van die vestiging in die Kaap, het Jan van Riebeeck vir Krotoa as 'n bediende ingeneem. Sy was slim en het gou Nederlands en Portugees aangeleer, haar "Nederlandse" maniere het gegroei en sy was as tolk gebruik, omdat hulle haar vertrou het. Sy het die eerste oorlog in 1660 tussen die Khoi-Khoi en Nederlanders beëindig. Later het haar naam na Eva verander en sy het tussen die twee kulture beweeg, asook haar Khoi-Khoi velle verruil vir Hollandse klere.

In 1662 was sy die eerste Suid-Afrikaner wat as 'n Christen gedoop was. In 1664 het sy verloof geraak aan Pieter van Meerhof, wat 'n Deense soldaat was. Die Kompanjie het haar 'n ruim bruidskat gegee. Dit was die eerste huwelik tussen 'n inheemse en 'n Christelike wat gesluit was.

  1. Wijnaerdts van Resandt, W (1980). Repertorium DTB: Globaal Overzicht van de Nederlandse Doop-, Trouw en Begraafregisters E.D. voor de invoering van de burgerlijke btand (in Nederlands). 's-Gravenhage: Centraal Bureau voor Genealogie.
  2. (en) Robert Montgomery Martin (1836). The British Colonial Library: In 12 volumes. Mortimer. p. 112.
  3. 3,0 3,1 "Kaap de Goede Hoop" (in Nederlands). De VOC site. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 8 Februarie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy