New York Filharmoniese Orkes

Die orkes tree op by The Shed, Hudson Yards New York, NY, April 2021

Die New York Filharmoniese Orkes, amptelik die Philharmonic-Symphony Society of New York, Inc.,[1] wêreldwyd bekend as New York Philharmonic Orchestra (NYPO)[2][3][4] is 'n simfonieorkes gebaseer in New York. Dit is een van die voorste Amerikaanse orkeste wat algemeen na verwys word as die "Groot Vyf".[5] Die Philharmonic se tuiste is David Geffen Hall, geleë in New York se Lincoln Centre for the Performing Arts.[6]

Die orkes, wat in 1842 gestig is, is een van die oudste musikale instellings in die Verenigde State en die oudste van die "Groot Vyf" orkeste. Hul 14 000ste konsert is in Desember 2004 gehou.[7]

  1. "Company Overview of Philharmonic-Symphony Society of New York, Inc". Bloomberg Businessweek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2013. Besoek op 6 Mei 2013.
  2. "New York Philharmonic Orchestra, The". discog.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 6 Mei 2013.
  3. "New York Philharmonic Orchestra (Symphony Orchestra)". bach-cantatas.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2013. Besoek op 6 Mei 2013.
  4. "New York Philharmonic-Symphony Orchestra". Columbia University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2014. Besoek op 6 Mei 2013 – via yahoo.com.
  5. Walsh, Michael (25 April 1983). "Which U.S. Orchestras are Best?". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2008. Besoek op 26 Maart 2008.
  6. Smith, Jennifer (24 September 2015). "Lincoln Center Concert Hall Renamed for David Geffen". The Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 11 Oktober 2015.
  7. "New York Philharmonic: A Distinguished History". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2007. Besoek op 9 April 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy