Nodus (fisika)

'n Staande golf. Die rooi kolletjies is die golfnodusse

In die fisika is 'n nodus (of knooppunt) 'n punt in die lengte van 'n staande golf waar die golf die minimum amplitude het. Byvoorbeeld, in 'n snaarinstrument se vibrerende snaar is die punte van die snaar nodusse. Deur die posisie van die eindnodus te verander (bv. deur die gebruik van 'n kitaar se vingerboord), verander die effektiewe lengte van die vibrerende snaar en daardeur die noot wat gespeel word. Die teenoorgestelde van 'n nodus is 'n anti-nodus, 'n punt waar die amplitude van die staande golf maksimum is. Dit kom halfpad tussen die nodusse voor.

Waar die nodusse voorkom in verhouding tot die grens wat die golwe weerspieël, hang af van die eindtoestande of grenstoestande.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy