Nordenham

Nordenham

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Nedersakse
 Koördinate 53°29′N 8°29′O / 53.483°N 8.483°O / 53.483; 8.483
 Stigting 789 (eerste verwysing)
 Stadstatus 1 Mei 1908
 Oppervlak:  
 - Totaal 87,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2018) 26 193
 - Bevolkingsdigtheid 300/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Carsten Seyfarth (SPD)
 Amptelike Webwerf www.nordenham.de

Nordenham [nɔʁdənˈham] is 'n stad in die administratiewe distrik Wesermarsch (Duits: Landkreis Wesermarsch) van die Noord-Duitse deelstaat Nedersakse met 'n oppervlakte van 87,2 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26 193 (soos op 31 Desember 2018). Die stad is op die skiereiland Butjadingen naby die monding van die Weserrivier in die Noordsee aan die rivier se westelike oewer en teenoor die hawestad Bremerhaven aan die regteroewer geleë. Nordenham se Midgard-seehawe is die grootste Duitse hawe van sy soort in privaatbesit, terwyl die plaaslike Airbus-aanleg in die stadsbuurt Einswarden komponente vir die rompe van Airbus-stralers vervaardig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy