Nuwe Moskee | ||
Die Nuwe Moskee soos gesien vanaf die Galata-brug. | ||
Ligging | Istanboel, Turkye | |
Voltooi | 1665 | |
Argitek(te ) | Davut Ağa, Dalgıç Ahmed Çavuş, Mustafa Ağa | |
Spesifikasies | ||
Minaret(te) | 2 | |
Minarethoogte | 52 m | |
Koepeldeursnee | 17,5 m | |
Materiale | gekapte klip, graniet, marmer | |
Styl | Ottomaans |
Die Yeni-moskee, Nuwe Moskee of Moskee van die Valide Sultan (Turks: Yeni Cami of Yeni Valide Camii) is ’n Ottomaanse keiserlike moskee in die Eminönü-distrik van Istanboel, Turkye. Dit is aan die Goue Horing geleë aan die suidpunt van die Galata-brug. Dit is een van die stad se bekendste bakens.