OPUL

Vlag van die OPUL, bestaande uit die letters OPEC
Hoofkantoor van die OPUL in Wene
Lidlande van die OPUL
Huidige situasie van die OPUL:
Groen – Stigterslede
Blou – Ander lidlande
Rooi – Voormalige lede
Geel – Moontlike lidlande

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL, Engels: Organization of the Petroleum Exporting Countries, OPEC) is 'n internasionale ekonomiese organisasie van die belangrikste ruolie-uitvoerlande in Afrika, Asië en Suid-Amerika. Die OPUL is tussen 10 en 14 September 1960 deur die lande Irak, Iran, Koeweit, Saoedi-Arabië en Venezuela in Bagdad, Irak, gestig en bestaan tans uit 13 lidlande. Die hoofkantoor is in Wene, Oostenryk, gesetel en die amptelike taal is Engels.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy