Obelisk

Een van die twee Luxor obeliske, in die Place de la Concorde in Parys; 'n rooi graniet monolitiese kolom, 23 m hoog, insluitend die basis, wat meer as 250 ton weeg.

'n Obelisk (afgelei van die antieke Griekse ὀβελίσκος obeliskos;[1][2] verkleinvorm van ὀβελός obelos, "spit, spyker, spitspilaar"[3]) is 'n lang, vierkantige, smal monument wat van onder af nouer loop totdat dit eindig in 'n piramidevormige punt, die sogenaamde pyramidion. Obeliske is oorspronklik deur die Antieke Egiptenare gebou; hulle naam daarvoor was tekhenu. Die Grieke het die woord "obeliskos" gebruik om hulle te beskryf, en hierdie woord is oorgeneem in Latyn en uiteindelik die ander Europese tale.[4] Die antieke obeliske is monolities: hulle bestaan uit 'n enkele steen. Die meeste moderne obeliske bestaan egter uit meer as een steen, en sommige, soos die Washington-monument, is geboue.

Die woord stele word oor die algemeen gebruik vir ander monumentale, regop stene met geskrifte of beeldhouwerk.

  1. ὀβελίσκος in Liddell en Scott.
  2. obelisk in Online Etymology Dictionary.
  3. οβελός in Liddell en Scott.
  4. Baker, Rosalie F.; Charles Baker (2001). Ancient Egyptians: People of the Pyramids. Oxford University Press. p. 69. ISBN 978-0195122213. Besoek op 10 Maart 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy